“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” (2 Tim. 3:16,17)
SCRIPTURA & RADIO SCRIPTURA
Scriptura is ‘n groeiende biblioteek van Gereformeerde artikels en dokumente. ‘n Vertakking van Scriptura, is ons podsendings, genaamd “Radio Scriptura”. Elke artikel en elke podsending is daar om Sola Scriptura tot sy reg te laat kom. Dit wil sê, ons wil die Skrif laat spreek oor gebeure, idees en verskynsels in die kerk en samelewing. 2 Timotheus 3:16,17 vorm tegelyk die lens waardeur ons na hierdie sake kyk en is ook die basis van ons antwoorde en fokus van ons skrywes en gesprekke.
Wat beteken dit as ons sê 2 Timotheus 3:16,17 is die lens en basis van ons artikels en gesprekke? Hiermee bedoel ons, dat al ons skrywes en podsendings gewoonlik geplaas kan word binne een van die vier kategorieë in 2 Timotheus 3:16: lering, weerlegging, teregwysing of onderwysing. Ons poog om onsself, ons lesers en ons luisteraars toe te rus vir elke goeie werk deur vanuit die Skrif te leer, weerlê, reg te wys en te onderrig in die geregtigheid.
LERING
(Grieks: didaskalia)
Dit verwys breedweg na lering en instruksie, oftewel dogma. Artikels, blogs en podsendings wat te make het met leerstellings in die Bybel, sal jy hoofsaaklik onder hierdie kategorie vind.
WEERLEGGING
(Grieks: elegmon)
Hier vind jy apologetiese stof. Dit beteken, enigiets wat dwaalleer, valse profete, valse leringe ens. aanraak, sal onder hierdie kategorie gelys word. Weerlegging verwys na die daadwerklike uitwys en regwys van verkeerde leerstellings en/of sondige leefstyle.
TEREGWYSING
(Grieks: epanorthōsin)
Sommige woordeboeke verklaar hierdie woord as ‘n tipe restourasie-proses. Dit kan dus verwys na korreksies wat aangebring word in iemand se leer en lewe, maar ook verbetering. Iemand se Christelike lewe word gerestoureer, wanneer hy dit wat nie in lyn is met die Skrif nie, weer in lyn daarmee bring. Onder hierdie kategorie sal jy daarom meestel inligting rondom die Gereformeerde etiek vind.
ONDERWYSING
(Grieks: paideian)
Hierdie is die “onderwysing in die geregtigheid” waarvan Paulus praat. Lering, weerlegging en teregwysing is alles vooraf en tydens hierdie onderwysing nodig. Dit is deel van hierdie paideian. Hierdie kategorie bestaan uit daardie tipe lees- en luisterstof wat gerig is op ons heiligmaking en Christelike lewe.
jgj
fdsfs
VRYWARINGSBELEID
- Alle artikels en podsendings op scriptura.co.za mag deur enigiemand gebruik, versprei, bespreek of inkorporeer word, op welke manier ookal, op hulle eie multi-media platforms.
- Geen inhoudelike veranderinge mag aangebring word aan enige artikel of podsending op Scriptura of Radio Scriptura nie.
- Indien ’n artikel, of ’n aanhaling uit ’n artikel wel gebruik, versprei, bespreek of geïnkorporeer word op ’n multi-media platform, moet die naam Scriptura duidelik vermeld word, saam met die webadres scriptura.co.za
- Indien ’n podsending, ’n aanhaling, of klankgreep uit ’n podsending wel gebruik, versprei, bespreek of geïnkorporeer word op ’n multi-media platform, moet die naam Radio Scriptura duidelik vermeld word, saam met die webadres scriptura.co.za
PRIVAATHEIDSBELEID
Ons privaatheidsbeleid is hier beskikbaar.